Kamferdam
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Kamferdam is 'n natuurlike meer van 400 hektaar, ongeveer 6 km noord van Kimberley geleë op privaateiendom, wes van die N12-nasionale pad. Die meer was eers 'n niestandhoudende pan, maar as gevolg van afloop uit Kimberley is dit nou standhoudend. Die meer is bekend vir die kleinflaminke wat hier broei.
Kamferdam | |
---|---|
Mensgemaakte eiland in 'n S-vorm, oortrek met kleinflaminke | |
Koördinate: | 28°40′22″S 24°45′48″O |
Ligging: | naby Kimberley, Noord-Kaap, Suid-Afrika |
Oppervlakte: | 1 180 m (3 870 vt) |
Op 9 Desember 1899 het 'n skermutseling tydens die beleg van Kimberley by die dam plaasgevind. Daarna was een van die Boere se kanonne hier gestasioneer, wat op 7 Februarie 1900 rondtes van 96 pond na die dorp begin vuur het. Verskeie buitekspedisies is gemaak om die kanon te probeer onderskep. Die kanon en sy bemanning kon egter nie gevang word nie en het onder dekking van die Boere se verdedigingslyn by Dronfield onttrek.[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.