From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Cactaceae is die kaktusfamilie. Dit is 'n groot plantfamilie uit die Amerikas, wat ook in ander dele van die wêreld indringerplante opgelewer het soos die Opuntia wat ook in Suid-Afrika wydverspreid voorkom.
Kaktus | |
---|---|
Verskeie Cactaceae | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Caryophyllales |
Familie: | Cactaceae Juss.[1] |
Subfamilies | |
| |
Sinonieme[2] | |
|
Die kaktusse is sukkulente wat deur groot dorings gekenmerk word.
In Noord-Amerika is die Cactaceae een van twee belangrikste sukkulentefamilies van die woestyngebiede. Die ander een is die jukkas (Agavaceae). Die kaktusse is stam-sukkulente, die jukkas is blaar-sukkulente. Altwee groepe is CAM-plante wat oordag hulle huidmondjies geslote kan hou en snags wanneer dit koeler is deur die oop mondjies koolstofdioksied kan in- en suurstof kan uitasem. Die sukkulente weefsels stoor nie net vog nie maar ook die malaat wat snags gevorm en bedags gedekarboksileer word, wat 'n stap is in die fotosintetiese pad.
Kaktusse is vetplante en nie regte xerofiete nie. In die droogste woestyne waar reënval baie onreëlmatig is, of waar dit in die groeiseisoen vries, kan hulle nie oorleef nie. In Noord-Amerika word hulle veral in die Sonorawoestyn en dele van die Chihuahuawoestyn aangetref en baie minder in die Mojavewoestyn wat min somerreëns kry en waar die winters deur buitegewoon lae temperature gekenmerk word.
Kaktusse het vyf basiese morfologiese trekke:[3]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.