From Wikipedia, the free encyclopedia
Kafeeterras in die aand , ook bekend as Die Kafeeterras by die Place du Forum, is 'n skildery deur die Nederlandse skilder Vincent van Gogh wat hy in September 1888 in Arles, Frankryk, geskilder het. Van Gogh het olieverf op doek gebruik en die skildery is 81 × 65.5 cm (32" × 26"). Dit is tans in die Kröller-Müller-museum in Otterlo, Nederland.
Kafeeterras in die aand |
Vincent van Gogh, 1888 |
Olie op doek, 81 × 65.5 cm |
Kröller-Müller-museum |
In die skildery beeld Van Gogh sy nuwe indrukke van die suide van Frankryk uit. Die skildery is van 'n kafee in Arles, toe Café Terrace en nou Café van Gogh. Die styl van die skildery is uniek vir Van Gogh met die warm kleure en die diepte van die perspektief.
Van Gogh het in 'n brief aan sy suster [1] geskryf nadat hy die skildery voltooi het waarin hy sy entoesiasme daaroor uitspreek:
Dit is die eerste skildery waarin hy 'n sterreagtergrond gebruik het. Hy het voortgegaan om stergevulde uitspansels te skilder in Sterrenag oor die Rhône, wat in dieselfde maand geskilder is, en die meer bekende Sterrenag 'n jaar later. Van Gogh het ook in Portret van Eugene Boch 'n sterligagtergrond geskilder.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.