Julius Nyerere Internasionale Lughawe
From Wikipedia, the free encyclopedia
Julius Nyerere Internasionale Lughawe (IATA: DAR; ICAO: HTDA) is die internasionale lughawe van Dar-es-Salaam, die grootste stad in Tanzanië. Dit is ongeveer 12 kilometer suidwes van die middestad geleë. Die lughawe hanteer vlugte na en van bestemmings in Afrika, Asië, Europa en die Midde-Ooste. Dit is vernoem na Julius Nyerere, die land se eerste president. [2]
Julius Nyerere Internasionale Lughawe | |||
---|---|---|---|
IATA: DAR – ICAO: HTDA | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Eienaar | Regering van Tanzanië | ||
Operateur | Tanzania Airports Authority | ||
Bedien | Dar-es-Salaam, Tanzanië | ||
Ligging | Julius K. Nyerere Road, Dar-es-Salaam, Tanzanië | ||
Spil vir |
| ||
Hoogte bo seevlak | 182 vt / 55 m | ||
Koördinate | 06°52′41″S 39°12′10″O | ||
Webtuiste | https://www.daressalaamairport.com/ | ||
Landkaart | |||
| |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
05/23 | 4 600 | Teer | |
14/32 | 1 000 | Teer | |
Statistieke (2020) | |||
Passasiers | 2 488 282 | ||
Lugbewegings | 72 564 | ||
Vrag (ton) | 15 625 | ||
Bron: Tanzania Airports Authority[1] |
Op 1 November 2006 is "Dar-es-Salaam Internasionale Lughawe" (DIA) herdoop na "Julius Nyerere Internasionale Lughawe".[3] Altesaam 9 501 265 passasiers het die lughawe van 1980 tot 2004 gebruik, gemiddeld 2 770 passasiers per dag. [4]
In Junie 2019 was die nuwe Terminaal 3 gereed vir internasionale vlugte.[5][6] Die Nederlandse firma BAM International is gereed om Terminaal 2 op te gradeer wat al meer as 30 jaar in diens is en net vir binnelandse vlugte gebruik sal word. [7] Die nuwe terminaal is op 1 Augustus 2019 bekendgestel. Plaaslike befondsing is gebruik vir die uitbreiding van die nuwe terminaal. [8]