José Carreras
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
José Carreras (1946-) is ’n Spaanse tenoor en operasanger. Hy was van 1990 tot 2003 bekend as een van die Drie Tenore (saam met Placido Domingo en Luciano Pavarotti).[1] Hy het talle toekennings vir sy musiek en liefdadigheidswerk ontvang.
Josep Maria Carreras i Coll (sy volle naam) is op 5 Desember 1946 in die Katalaanse hoofstad Barcelona gebore. Hy volg die konservatorium daar, waar hy onder J.F. Puig studeer. Een van sy ander mentors was die sanger Montserrat Caballé.
My maak sy internasionale debuut in 1971 in Londen met Donizetti se Maria Stuarda. In 1972 maak hy sy Amerikaanse debuut as Pinkerton in Puccini se Madame Butterfly. Daarna tree hy in al die groot operahuise op, insluitende die Londense Covent Garden en die Metropolitaanse Opera in New York.[2]
In 1984 ontvang hy die Medalla d'Or de la Generalitat, die hoogste onderskeiding van die Katalaanse regering.
In 1988 bring hy die Josep Carreras Internasionale Leukemie Stigting tot stand. Die stigting finansier leukemie-navorsing en die registrasie van beenmurg-skenkers. Carreras het in die 1980's self kanker gehad, wat hom tot die aktiewe bestryding daarvan oorgehaal het.[3]
In 1990 sien miljoene mense hom op TV tydens 'n konsert van die Drie Tenore, wat met die opening van die Sokker-Wêreldbeker saamgeval het. In 1992 sing hy die duet 'Amigos Para Siempre' tydens die sluitingseremonie van die Olimpiese Spele 1992 in Barcelona.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.