Jordanië
Land in die Midde-Ooste en Wes-Asië / From Wikipedia, the free encyclopedia
Jordanië (Arabies: الأُرْدُنّ, Al-‘Urdunn, [al.ʔur.dunː]), amptelik die Hasjemitiese Koninkryk Jordanië (المملكة الأردنية الهاشمية, Al-Mamlakah Al-Urdunnīyah Al-Hāshimīyah), is 'n land in die Midde-Ooste en Wes-Asië. Dit beslaan 'n oppervlakte van 89 341 km² en het 'n bevolking van 10 746 732 in 2020 gehad. Amman is die hoofstad en grootste stad van dié land en het 'n bevolking van sowat 2 520 000 in 2005 gehad.
| |||||
Nasionale leuse: الله، الوطن، الملك Allāh, al-Waṭan, al-Malik[1] (Arabies vir: "God, Nasie, Koning") | |||||
Volkslied: السلام الملكي الأردني as-Salām al-Malakī al-Urdunī (Arabies vir: "Vrede vir die koning van Jordanië") | |||||
Hoofstad | Amman | ||||
Grootste stad | Amman | ||||
Amptelike tale | Arabies[2] | ||||
Regering | Unitêre parlementêre grondwetlike monargie[3] Abdullah II Bisher Al-Khasawneh | ||||
Onafhanklikheid | van die Verenigde Koninkryk 11 April 1921 25 Mei 1946 11 Januarie 1952 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
89 342 km2 (110de) 34 495 myl2 0,6 | ||||
Bevolking - 2020-skatting - 2015-sensus - Digtheid |
10 746 732[4] (87ste) 9 531 712[5] 114 / km2 (70ste) 295,3 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2019-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2019-skatting | ||||
MOI (2018) | 0,723[7] (102de) – hoog | ||||
Gini (2010) | 33,7[8] – medium | ||||
Geldeenheid | Dinar (JOD ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
WAST (UTC+2) nie toegepas nie (UTC+2) | ||||
Internet-TLD | .jo, الاردن. | ||||
Skakelkode | +962 |
Jordanië grens aan Israel en Palestina in die weste, Sirië in die noorde, Irak in die noordooste en Saoedi-Arabië in die suidooste. Akaba is die belangrikste hawestad aan die Rooisee. Jordanië is genoem ná die Jordaanrivier, wat die westelike grens met Israel en Palestina vorm. Dit is amper 'n landingeslote land en beskik net in die suidweste deur die Golf van Akaba toegang tot die Rooisee.
As gevolg van die Ottomaanse Ryk se neerlaag tydens die Eerste Wêreldoorlog is op 11 April 1921 die Emiraat Transjordanië binne die Britse mandaat van Palestina gestig. Jordanië het op 25 Mei 1946 van die Britse mandaat van Palestina onafhanklik geword en is volgens die grondwet van 1952 'n grondwetlike monargie met 'n monarg as staatshoof.
Jordanië is 'n gewilde toeristebestemming met die Dooie See en Bybelse plekke in die weste, die ruïnestad Petra en die kruisvaarderskasteel Montréal in die suidweste.