Amerikaanse akteur, danser en sanger. From Wikipedia, the free encyclopedia
John Joseph Travolta (gebore op 18 Februarie 1954)[1][2] is ’n Amerikaanse akteur, danser en sanger.
John Travolta | |
John Travolta tydens die Cannes-rolprentfees in 2018 | |
Geboortenaam | John Joseph Travolta |
---|---|
Geboorte | 18 Februarie 1954 Englewood, New Jersey, VSA |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Lewensmaat | Kelly Preston (∞ September 1991, † 12 Julie 2020) |
Kinders | Jett (1992–2009), Ella (2000), Benjamin (2010) |
Beroep(e) | Akteur |
Aktiewe jare | 1969 tot hede |
Hy het in die 1970's bekend geraak nadat hy in die televisiereeks Welcome Back, Kotter (1975–1979) verskyn en in die lokettreffers Saturday Night Fever (1977) en Grease (1978) gespeel het. Sy loopbaan het in die 1980's ’n agteruitgang beleef, maar hy het in die 1990's ’n terugkeer gemaak in Pulp Fiction (1994) en Face/Off (1997). Hy was sedertdien ook in Swordfish (2001), Wild Hogs en Hairspray (albei 2007).
Travolta is vir ’n Oscar vir beste akteur benoem vir Saturday Night Fever en Pulp Fiction. Hy het die Golden Globe gewen vir sy spel in Get Shorty. In 2014 het hy die IIFA-prys vir uitnemende prestasie in die internasionale rolprentwese ontvang.[3]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.