![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/1e/John_IV_Laskaris_miniature.jpg/640px-John_IV_Laskaris_miniature.jpg&w=640&q=50)
Johannes IV Laskaris
From Wikipedia, the free encyclopedia
Johannes IV Doukas Laskaris (Grieks: Ἰωάννης Δ΄ Δούκας Λάσκαρις, Iōannēs IV Doukas Laskaris; 25 Desember 1250 – omstreeks 1305) was van 1258 tot 1261 keiser van die Niceense Ryk. Dit was een van die Griekse state wat gestig is uit oorblyfsels van die Bisantynse Ryk nadat Rooms-Katolieke van die Vierde Kruistog die stad Konstantinopel in 1204 oorgeneem en die Latynse Ryk gestig het.
Kitsfeite Titel, Bewind ...
Johannes IV Doukas Laskaris | |
---|---|
Keiser van die Romeine (aanspraakmaker) | |
![]() Johannes IV, uit ’n manuskrip van die 15de eeu. | |
Titel | Keiser van Nicea (aanspraakmaker: Bisantynse keiser) |
Bewind | 18 Augustus 1258 - 25 Desember 1261 |
Voorganger | Theodorus II Laskaris |
Opvolger | Michael VIII Palaiologos (Bisantynse Ryk) |
Gebore | 25 Desember 1250 |
Oorlede | Omstreeks 1305 |
Dinastie | Laskaris |
Vader | Theodorus II Laskaris |
Moeder | Elena van Bulgarye |
Godsdiens | Oosters-Ortodoks |
Sluit
Johannes was die enigste seun van keiser Theodorus II Laskaris en Elena van Bulgarye.