Johann Sebastian Bach
Duitse komponis en musikant van die Barokera / From Wikipedia, the free encyclopedia
Johann Sebastian Bach (31 Maart [O.S. 21 Maart] 1685 – 28 Julie 1750) was 'n Duitse komponis van die Barokera. Vele lede van die Bach-nasate was ook komponiste, maar Johann Sebastian word as die beroemdste gereken. Hy is veral bekend vir sy gewyde musiek, orrelmusiek en kamerorkesmusiek.[1] Hy het twee absoluut verskillende style volkome gekombineer: die ouer polifonie en die nuwe monodie. Hy het orde in die bont verskeidenheid van musikale vorme gebring en het die fondament gelê vir die latere ontwikkeling van die toonkuns.
Kitsfeite Agtergrondinligting, Gebore ...
Johann Sebastian Bach | |
---|---|
Bach in 1748 | |
Agtergrondinligting | |
Gebore | 31 Maart 1685 Eisenach, Heilige Romeinse Ryk |
Sterf | 28 Mei 1750 (op 65) Leipzig, Heilige Romeinse Ryk |
Sluit