![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/36/Jimmy_Dludlu.jpg/640px-Jimmy_Dludlu.jpg&w=640&q=50)
Jimmy Dludlu
Guitarist / From Wikipedia, the free encyclopedia
Jimmy Dludlu is 'n bekende Suid-Afrikaanse jazzmusikant. Dludlu se styl sluit wyd strekkende invloede in en kombineer beide tradisionele en moderne elemente van jazz wat deur Wes Montgomery, George Benson en Pat Metheny tot Suid-Afrikaanse helde soos Miriam Makeba, Letta Mbulu, Hugh Masekela, Themba Mokwena en Allen Kwela, onder andere, geïnspireer is.[1] Dludlu is veral lief vir die klanke van wes- en sentraal-Afrika, asook van Latyns-Amerika, maar meld dat jazz steeds sy gunsteling is.[1] Sy vele oorspronklike komposisies val in die tradisie wat losweg as afro-jazz geklassifiseer kan word.[1]
Jimmy Dludlu | |
---|---|
![]() Jimmy Dludlu (2008) | |
Agtergrondinligting | |
Genres | Jazz, fusion, afro-jazz[1] |
Beroep(e) | Musikant |
Instrumente | Kitaar, stem[1] |
Etikette | PolyGram, Universal Music S.A., Verve |
Jimmy Dludlu se debuutalbum, Echoes from the Past (PolyGram, 1997) is in September 1997 uitgereik en is wyd positief ontvang.[1] Die album het Jimmy twee FNB SAMA-toekennings vir "Best Newcomer" en "Best Contemporary Jazz Album" in 1998 besorg en verkoopsyfers in Januarie 1999 het verkope van meer as 250 000 plate aangedui.[1] Die album is sedertdien deur die Verve-plateëtiket in nege lande uitgereik, insluitende die Verenigde State, Italië, Switserland, Swede en Hongarye.[1]