From Wikipedia, the free encyclopedia
Jianwen (Chinees: 建文帝, pinyin: Jiànwén Dì; 5 Desember 1377 – 13 Julie 1402) was die tweede keiser van die Ming-dinastie in China. Sy persoonlike naam was Zhu Yunwen (朱允炆). Sy troonnaam, Jianwen, beteken "die vestiging van hoflikheid" en verteenwoordig ’n skerp afwyking van die aanslag van sy oupa en voorganger, Hongwu ("oneindig krygshaftig").[1]
Sy bewind het nie lank geduur nie: ’n Poging om sy ooms in toom te hou het gelei tot die Jingnan-rebellie, waarin hy deur sy oom Zhu Di omvergewerp is. Zhu Di het hom daarna opgevolg as keiser Yongle. Hoewel Yongle ’n verbrande liggaam as Zhu Yunwen s’n voorgehou het, het gerugte die ronde gedoen dat Jianwen hom as ’n Boeddhistiese monnik vermom en uit die paleis ontsnap het nadat Zhu Di se magte dit aan die brand gesteek het. Sommige kenners glo hy het na Suidoos-Asië gevlug.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.