Die Jesusgebed (Grieks: προσευχὴ τοῦ Ἰησοῦ prosefchí tou iisoú, "Gebed tot Jesus"; Ge'ez: እግዚኦ መሐረነ ክርስቶስ igizi'o meḥarene kirisitosi), ook bekend as Die Gebed (Grieks: η ευχή i efchí, "Die Wens"), is 'n kort gebed wat veral in die Oosterse Ortodoksie hooggeag en verkondig word: "Here Jesus Christus, Seun van God, wees my, 'n sondaar, genadig."[1] Die gebed is deur die hele geskiedenis van die Oosters-Ortodokse Kerk wyd geleer en bespreek. Die oorspronklike gebed het nie die woorde "'n sondaar" bevat nie; dit is later bygevoeg.[2][3]

'n Christogram met die Jesusgebed in Roemeens.

Die gebed word dikwels deur askete opgesê. Dit word beskou as 'n suiwering van die gedagtes.

Hoewel dit meestal in die Oosterse Ortodoksie voorkom, word die gebed ook in die Westerse Christendom aangetref, veral die Rooms-Katolieke[4] en Anglikaanse Kerk.[5]

Die Oosters-Ortodokse teologie van die Jesusgebed soos in die 14de eeu deur Gregorius Palamas geformuleer, is algemeen deur die teoloë van die Latynse kerk verwerp, tot in die 20ste eeu. Pous Johannes Paulus II het Gregorius Palamas 'n heilige genoem,[6] asook 'n groot skrywer en 'n gesagsfiguur op die gebied van teologie.[7][8]

Oorsprong

Die oorsprong van die gebed lê heel waarskynlik in die Egiptiese woestyn, waar die Woestynvaders en -moeders in die 5de eeu gewoon het.[9]

Die vroegste verwysing na die Jesusgebed in die vorm waarin dit vandag bekend is, is in Gedagtes oor Abba Philimon uit die Philokalia. Philimon het omstreeks 600 gelewe.[10] Die weergawe wat deur hom aangehaal is, is: "Here Jesus Christus, Seun van God, wees my genadig." Dit is die vroegste bron van dié standaardweergawe.[11]

Verwysings

Skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.