Japannese oorlogsmisdade
Japannese leër se misdade gedurende die tweede Wêreldoorlog / From Wikipedia, the free encyclopedia
Japannese oorlogsmisdade het in talle Asiatiese en Pasifiese lande voorgekom in die tydperk van Japannese ryksuitbreiding, en hoofsaaklik gedurende die Tweede Sjinees-Japannese Oorlog en die Tweede Wêreldoorlog. Hierdie voorvalle is ook al as die Asiatiese Holocaust beskryf[1] en Japannese oorlogsmisdade.[2][3][4] Sommige van die oorlogsmisdade is in die laat 19de eeu deur militêre personeel van die Keiser van Japan gepleeg, maar daar was ook gevalle gedurende die eerste deel van die Shōwa Era. Die naam is gegee vir die tydvak van Keiser Hirohito se heerskappy tot en met die oorgawe van die Ryk van Japan in 1945.
Sommige historici en regerings hou die Japannese gevegsmagte, naamlik die keiserlike Japannese leër, die keiserlike Japannese vloot en die Keiserlike Japannese familie, in besonder vir Hirohito verantwoordelik vir die moorde en ander misdade wat gepleeg is teen miljoene burgerlikes en krygsgevangenes.[5][6][7][8][9] Sommige Japannese soldate het hierdie misdade erken.[10] Die keiserlike Japannese leër lugdiens het met die Tweede Sjinees-Japannese Oorlog en die Tweede Wêreldoorlog deelgeneem aan chemiese en biologiese aanvalle op vyandelike stellings, asook die gebruik van die wapens in oorlogvoering wat, ingevolge internasionale ooreenkomste, die gebruik van "gif of giftige wapens" verbied.[11][12]