![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/58/Janssen_COVID-19_vaccine_%25282021%2529_F_%2528cropped%2529_2.jpg/640px-Janssen_COVID-19_vaccine_%25282021%2529_F_%2528cropped%2529_2.jpg&w=640&q=50)
Janssen Covid-19-entstof
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Janssen Covid‑19-entstof is 'n Covid-19-entstof wat ontwikkel is deur Janssen Vaccines in Leiden, Nederland,[1] en sy Belgiese moedermaatskappy Janssen Pharmaceuticals,[2] 'n filiaal van die Amerikaanse maatskappy Johnson & Johnson.[3][4]
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/58/Janssen_COVID-19_vaccine_%282021%29_F_%28cropped%29_2.jpg/320px-Janssen_COVID-19_vaccine_%282021%29_F_%28cropped%29_2.jpg)
Dit is 'n virale vektor-entstof gebaseer op 'n menslike adenovirus wat gemodifiseer is om die geen te bevat vir die maak van die piekproteïen van die SARS-CoV-2- virus wat Covid‑19 in mense veroorsaak.[5] Die liggaam se immuunstelsel reageer op hierdie piekproteïen om teenliggaampies te produseer.[6] Slegs een dosis van die entstof hoef toegedien te word, en dit hoef nie gevries gestoor te word nie.[7][8]
Kliniese proewe van die entstof is in Junie 2020 begin, met fase III waarby ongeveer 43 000 mense betrokke was.[9] In Januarie 2021 het Janssen aangekondig dat 28 dae na 'n voltooide inenting die entstof 66% doeltreffend was in 'n eendosis-regime in die voorkoming van simptomatiese Covid-19, met 'n 85% doeltreffendheid in die voorkoming van ernstige Covid‑19[10][11][12] en 100% doeltreffendheid in die voorkoming van hospitalisasie of dood wat deur die siekte veroorsaak word.[13]