![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/ba/ANWBprijs1958.jpg/640px-ANWBprijs1958.jpg&w=640&q=50)
Jan Engelman
From Wikipedia, the free encyclopedia
Johannes ("Jan") Aloysius Antonius Engelman (7 Junie 1900, Utrecht – 20 Maart 1972, Amsterdam) was 'n Nederlandse digter, kritikus en vertaler.
Jan Engelman | |
---|---|
![]() Engelman (met swart bril) tydens die uitreiking van die ANWB-prys 1958 | |
Gebore | 7 Junie 1900 Utrecht |
Sterf | 20 Maart 1972 |
Beroep | digter, kritikus, vertaler |
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/2a/Gezin-engelman-engelkamp.jpg/640px-Gezin-engelman-engelkamp.jpg)
As digter het hy veral bekendheid verwerf met sy gedig Vera Janacopoulos,[1] wat volgens sommige 'n tipiese voorbeeld is van suiwer poësie ("poésie pure"). 'n Ander bekende gedig wat as sodanig gesien word is En Rade,[2] wat deur Engelman self 'n "vocalise" genoem word.
Die skrywer, digter en essayis Simon Vestdijk het in sy studies van die poësie getiteld De glanzende kiemcel (1942) gekonstateer dat gedigte soos Vera Janacopoulos nie net op klanke gebaseer is nie ('n wesenlike deel van "poésie pure"), maar dat die betekenis van die afsonderlike woorde bydra tot die poëtiese atmosfeer van die gedig. Die gedig het bekend geword nadat dit in 'n tydskrif verskyn het, en is deur sommiges as belaglik geag en selfs die "einde der poëzie" (Anthonie Donker) genoem.