From Wikipedia, the free encyclopedia
Jack Parow (gebore Zander Tyler, 1982 in Bellville) is 'n Afrikaanse kletsrymer (rapper) van Bellville, Wes-Kaap met 'n kenmerkende lang keps op sy kop wat bekend is vir sy enkelspeler Jy Dink Jy is Cooler as Ekke.
Jack Parow | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Zander Tyler |
Gebore | 1982 Bellville, Wes-Kaap |
Oorsprong | Kaapstad, Suid-Afrika |
Genres | Kletsrym, hip-hop |
Jare aktief | 2009 tot hede |
Etikette | First Lady[1] |
Assosiasies | Fokofpolisiekar Die Heuwels Fantasties Die Antwoord |
Webwerf | jackparow |
Parow is ook bekend vir sy bydrae tot die liedjie Die Vraagstuk saam met Die Heuwels Fantasties. Hy het ook in 2009 saam met Die Heuwels Fantasties by Oppikoppi opgetree. Verder dra hy by, en werk saam met Die Antwoord, Fokofpolisiekar en Early B in liedjies soos Wat Pomp, Doos Dronk en Potte
Parow het in Maart 2010 'n musiekvideo vir sy enkelsnit Dans Dans Dans geskiet. Die sanger Francois van Coke van Fokofpolisiekar is ingespan om die refrein te sing. 'n Buitengewoon hoë bedrag van R280 000 is vir die vervaardiging van die musiekvideo betaal.[2]
Met My Koningkryk, 'n liedjie op die Afrika 4 Beginners album, is Jack Parow se ode aan Suid-Afrika. Hier is 'n uittreksel van die lirieke:
“Oh no, what’s a bunny chow, buddyno no bunny, half loaf curry
bro don’t worry, you wanna feel better?
medicine man make your d*ck grow bigger
klomp goeie tye, dalk klein bietjie crime
maar ons rol dik rustig op African time.”
Niks omtrent Jack Parow is gewoon nie. Sy lirieke waarsku en daag uit. Met sy liedjie Bang Babbelas op die album Afrika 4 Beginners, dra hy die boodskap oor dat die gebruik van drank met verantwoordelikheid gepaard moet gaan.
Parow wou van kleins af 'n kletsrymer wees. Die Amerikaanse kletsrymer, Snoop Dogg se Doggystyle en liedjies van T-Pain het hom geïnspireer. Hy het eers in Engels en toe later in Afrikaans gekletsrym. In Januarie 2017 het Parow ook sy eie brandewyn bekendgestel.
Parow het 'n dogter, Ruby Tyler, gebore in 2012. Sy was ook die inspirasie vir sy lied Dis Befok. Inhoud vir die musiekvideo van die hierdie lied is ingesamel deur 'n kamera aan haar lyf vasgemaak sodat die kyker 'n kinderlike ervaring kan beleef.
In 2015 het Jack Parow 'n biografie uitgegee, getiteld Die Ou Met die Snor by die Bar, deur Theunis Engelbrecht.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.