Jack G. Hills
Amerikaanse astronoom / From Wikipedia, the free encyclopedia
Jack G. Hills is ’n Amerikaanse sterrekundige en ’n teoretikus van sterdinamika. Hy het werk oor die Oortwolk gedoen;[1] die binneste deel van die wolk, die Hillswolk, is na hom genoem.
Kitsfeite Gebore, Nasionaliteit ...
Jack G. Hills | |
---|---|
Jack G. Hills | |
Gebore | Jack Gilbert Hills 15 Mei 1943 Kevlavik (Ysland) |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep | Sterrekundige Teoretikus |
Bekend vir | Hillswolk Hillsmeganisme |
Sluit
Hills het ’n groot deel van sy loopbaan by die Nasionale Laboratorium Los Alamos in Nieu-Mexiko deurgebring en het in 1998 ’n fellow van die laboratorium geword.[2]
Ook die Hillsmeganisme in astrofisika is na hom genoem. Hy het die meganisme in die 1980's voorgestel.