Ivar Vidfamne

From Wikipedia, the free encyclopedia

Ivar Vidfamne (Deens; of Ívarr inn víðfaðmi) was in die Noorse sagas 'n halflegendariese koning van Swede wat afkomstig was van Skone (toe in Denemarke).

Bronne uit die 12de en 13de eeu soos Heimskringla en Hervarar saga noem dat sy koningskap veel verder gestrek het, oor 'n gebied wat dele van Noorweë, Sakse en Engeland ingesluit het.[1][2][3] Daar is egter geen so 'n figuur uit die 8ste of 9de eeu in Middeleeuse bronne uit Sakse of Engeland nie.

Ivar in die sagas

Die Ynglinga saga en Sögubrot maak dit duidelik dat Ivar uit Skone afkomstig was. Volgens die sagas was Denemarke in dié tyd in twee koninkryke verdeel, naamlik Skone en Seeland. Skone is deur twee broers, Guðröðr en Halfdan, regeer. Hroðgar het getrou met Åsa, dogter van die Sweedse koning Ingjald.[4] Volgens verskeie sagas het hulle 'n seun, Ivar, gehad.

Koningin Åsa was nie tevrede met die stand van sake nie en het Guðröðr aangehits om sy broer te vermoor. Later het sy haar eie man ook vermoor. Volgens die Ynglinga saga het Ivar uit Skone gevlug ná die moord op sy pa. Hy het later teruggekeer, en Åsa het na haar pa in Swede gevlug. Ivar het 'n leër op die been gebring en na Swede gegaan om sy pa se dood te wreek. Koning Ingjald was op 'n fees saam met sy dogter toe hy hoor Ivar se leër is in die omgewing. Ingjald en Åsa het selfmoord gepleeg deur hulle en hulle dronk gaste in die feessaal aan die brand te steek.[5] Die Ynglinga saga, Historia Norwegiæ, Hervarar saga en Upplendinga Konungum vertel Ivar het daarna die sentrale deel van Swede oorgeneem en later Denemarke verower.

Ivar het daarna 'n groot deel van Skandinawië verower, asook dele van Noord-Duitsland en Engeland, en het die bynaam Vidfamne ("Wydpeiler") gekry.[6] Weens sy wrede heerskappy het baie Swede weswaarts gevlug na Värmland onder sy koning Olof Trätälja.[7]

Ivar het sy dogter, Auðr, laat trou met koning Hrœrekr Ringslinger van Seeland. Hulle het 'n seun, Harald Oorlogtand, gehad. Nadar Ivar verdrink het, het Harald koning geword van Seeland en Skone. Hy het daarna al die gebiede teruggewen waaroor sy oupa regeer het.[8]

Vreemd genoeg noem die Deense kroniek van Saxo Grammaticus nie 'n Ivar Vidfamne nie. Daarvolgens was Harald Oorlogtand die seun van ene Halfdan, wat self die seun was van 'n hoofman van Skone met die naam Borkar.[9]

Verwysings

Skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.