![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/ce/Chapel_of_Unterlinden_Museum_with_Isenheim_altarpiece.jpg/640px-Chapel_of_Unterlinden_Museum_with_Isenheim_altarpiece.jpg&w=640&q=50)
Issenheim-altaarstuk
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Issenheim-altaarstuk bestaan uit 'n verskeidenheid geskilderde voupanele wat 'n houtgekerfde altaar bedek. Die gekerfde beeldhouwerk is deur die Duitser Nikolaus Hagenauer gedoen en die skilderwerk op die voupanele deur Matthias Grünewald, ook 'n Duitser, tussen 1512 en 1516.[1] Dit word tans uitgestal by die Unterlinden Museum in die dorpie Colmar, Elsas, in Frankryk. Die museum het die 500ste herdenking van hierdie meesterstuk in 2012 gevier.[2] Dit is by verre Grünewald se grootste en beste werk en is geverf vir die kerkaltaar in die klooster van die Heilige Antonius in Issenheim naby Colmar. Die monnike van hierdie klooster was bekend vir hul versorging van siekes wat aan builepes en velsiektes soos ergotisme en sifilis gely het. Die beeld van die gekruisigde Christus is oortrek met sere van al hierdie siektes, wat vir die siekes in die klooster daarop moes dui dat Jesus hulle pyn verstaan en self ook ervaar het.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/ce/Chapel_of_Unterlinden_Museum_with_Isenheim_altarpiece.jpg/640px-Chapel_of_Unterlinden_Museum_with_Isenheim_altarpiece.jpg)