![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/a4/Salattimes.jpg/640px-Salattimes.jpg&w=640&q=50)
Isjaai
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die isjaai (Arabies: صلاة العشاء, ṣalāt al-ʿišāʾ, "naggebed") is die laaste van vyf verpligte daaglikse gebede (salaah) wat Moslems moet doen.[1]
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/a4/Salattimes.jpg/640px-Salattimes.jpg)
Die formele daaglikse gebede van Islam bestaan uit ’n verskillende aantal eenhede, wat rak'ats genoem word.[1] Die isjaai het vier verpligte (fard) rak'ats, en nog twee aanbevole (soennah) rak'ats kan ook gedoen word. Die verpligte rak'ats in gemeenskapsgebed word hardop deur die imam voorgebid.[1]
Vir ’n salaah om geldig te wees, moet dit binne die voorgeskrewe tyd gemaak word. Mense met ’n aanvaarbare rede het ’n langer tyd waarbinne hul gebed geldig sal wees.[2]