From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Internet-rolprentdatabasis (of kortweg IMDb) is 'n aanlyn databasis met rolprente, televisiereekse, akteurs en rekenaarspeletjies. IMDb behoort sedert 1998 aan Amazon.com.
IMDb (Internet Movie Database) | |
---|---|
Tipe webblad | Databasis |
Taal(e) | Engels |
Registrasie | Opsioneel |
Eienaar | Amazon.com |
Opgerig | 17 Oktober 1990 |
Huidige status | Aktief |
URL | imdb.com |
Die IMDb webwerf bied uitgebreide inligting oor rolprente, soos die akteurs, skrywers en regisseurs. Persone wat die webwerf besoek kan resensies en beoordelings by rolprente voeg. IMDb bied talle soek-opsies. Dit is byvoorbeeld moontlik om twee akteurs se name in te sleutel te sien aan watter rolprente hulle saam gewerk het. Die webwerf bied ook 'n top-250 van hoogs gewaardeerde, en 'n top-100 van slegste rolprente soos deur hulle besoekers beoordeel. Die webwerf bied verder ook 'n boodskapbord (bulletinbord) waar rolprente en akteurs bespreek kan word.
Sedert 2003 het IMDb ook 'n aparte betaalde afdeling, genaamd IMDbPro. Hierdie webwerf bied die volledige inhoud van IMDb, met addisionele inligting, soos akteurs se persoonlike kontakbesonderhede, kalenders en meer nuus uit die vermaaklikheidsbedryf.
IMDb het in 1990 vanuit die internet nuusgroep rec.arts.movies ontstaan, waar internetgebruikers aanvanklik inligting oor hulle gunsteling rolprente uitgeruil het. Die webwerf is sedertdien uitgebrei tot 'n volledige argief wat meer as 1 000 000 titels beskryf. Die webwerf word maandeliks meer as 100 miljoen keer besoek. Ongeveer 35 mense werk vir IMDb.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.