Indië
Republiek in Suid-Asië / From Wikipedia, the free encyclopedia
Indië (Hindi: भारत, Bhārat; Engels: India), amptelik die Republiek Indië (Hindi: भारत गणराज्य, Bhārat Gaṇarājya, [ˈbʱaːɾət̪], luister (hulp·inligting); Engels: Republic of India), is 'n republiek in Suid-Asië. Met 'n bevolking van 1 407 563 842 (2021) is dit die tweede mees bevolkte land ter wêreld, ná die Volksrepubliek China.
| |||||
Nasionale leuse: Satyameva Jayate (Sanskrit vir: "Die waarheid alleen triomfeer") | |||||
Volkslied: Jana Gana Mana[1] (Sanskrit vir: "Heerser oor die gees van die mense") Nasionale lied: Vande Mataram[1] (Sanskrit vir: "Ek buig vir jou, Moeder") | |||||
Hoofstad | Nieu-Delhi | ||||
Grootste stad | Mumbai | ||||
Amptelike tale | Hindi en Engels[2]a | ||||
Regering | Federale parlementêre grondwetlike republiek Droupadi Murmu Venkaiah Naidu Narendra Modi | ||||
Onafhanklikheid • Dominium • Republiek |
van die Verenigde Koninkryk 15 Augustus 1947 26 Januarie 1950 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
3 287 263[2] km2 (7de) 1 269 219 myl2 9,6 | ||||
Bevolking - 2021-skatting - 2011-sensus - Digtheid |
1 407 563 842[3][4] (2de) 1 210 854 977[5][6] 416,4 / km2 (19de) 1 078,5 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2022-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2022-skatting | ||||
MOI (2019) | 0,645[8] (131ste) – medium | ||||
Gini (2011) | 35,7[9](98ste) – medium | ||||
Geldeenheid | Roepee (₹) (INR ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
IST (UTC+5:30) nie toegepas nie (UTC+5:30) | ||||
Internet-TLD | .in | ||||
Skakelkode | +91 | ||||
a. 21 andere inheemse tale word as nasionale tale erken. |
Indië is op die Indiese Subkontinent geleë en is vir die grootste deel 'n skiereiland, wat in die weste aan die Arabiese See, in die suide aan die Indiese Oseaan en in die ooste aan die Golf van Bengale grens. In die noorde grens dié land (van wes na oos) aan Pakistan, die Volksrepubliek China (Tibet), Nepal, Bhoetan, Mianmar en Bangladesj. Ten suidooste van Indië in die Indiese Oseaan is die eilandnasie Sri Lanka en ten suidweste is die Maledive geleë. Indië se Andaman- en Nicobar-eilande deel 'n maritieme grens met Thailand en Indonesië in die Andamanse See.
Die hoofstad van Indië is Nieu-Delhi en die grootste stad is Mumbai. Indië is 'n federale republiek wat bestaan uit 28 deelstate, 6 uniegebiede en 1 nasionale hoofstadgebied. Indië is 'n multi-etniese land en die meesbevolkte demokrasie ter wêreld.
Indië het tussen 1858 en 1947 deel uitgemaak van Brits-Indië en met die Verdeling van Indië het dit van sy buurland Pakistan geskei. Indië is 'n lidland van die Britse Statebond met 'n president as staatshoof. Sedert die Verdeling van Indië veg Indië teen Pakistan en die Volksrepubliek China oor beheer van die voormalige prinsstaat Kasjmir, wat tot dusver tot vyf oorloë oor die verdeelde gebied gelei het.