Impi is 'n Zoeloewoord vir 'n gewapende groep mans. Die woord impi word partykeer gebruik om 'n regiment van Zoeloe-krygers te beskryf, maar die eintlike Zoeloewoord daarvoor is ibutho.[1] Die begin van die impi's lê in die historiese oorlogvoering van die verskeie stamme in Suidoos-Afrika opgesluit, toe groepe van gewapende mans (wat "impi's" genoem is), teen mekaar baklei het.

Thumb
Die impi was 'n militêre formasie wat die gesig van Suider-, Oos- en Sentraal-Afrika verander het. Die hoogste ontwikkeling het onder Shaka, die inisieerder van verskeie belangrike wapens en taktieke, plaasgevind.[1]

Hulle is radikaal deur Shaka herorganiseer, wat toe nog net die buite-egtelike seun van koning Senzangakona was. Teen hierdie tyd het Shaka homself reeds as 'n briljante militêre leier bewys. Hy het onder andere in die Mthethwa-Ndwandwe-oorlog in die vroeë 1800's as 'n generaal onder die Mthethwa-koning, Dingiswayo gedien.[2]

Thumb
Die "buffelhoringformasie" van die Zoeloeleër. (1) Die vyand (2) die horings (3) die borskas (4) die lende

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.