From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Ili (Oeigoers: ئىلى دەرياسى, Ili deryasi of Или дәряси, Ili dəryasi; Kasaks: Іле, İle, ئله; Russies: Или; Chinees: 伊犁河, pinyin: Yīlí Hé; Mongools: Ил, letterlik: "kaalheid") is die grootste van die Balchasj-meer se invloeiende riviere. Dié rivier, met 'n lengte van 1 400 km (870 myl), ontstaan deur die saamvloei van die Koenes- en Tekes-riviere in die outonome gewes Xinjiang van die Volksrepubliek China. Aansluitend vloei dié rivier in 'n westelike rigting deur die stad Yining en bereik die Kasakse grens. In Kasakstan vloei die Ili in 'n westelike rigting tot by Kapchagai, sowat 70 km noord van die voormalige hoofstad Almati. Aansluitend vloei dié rivier in 'n noordwestelike rigting en mond in 'n wye delta in die Balchasj-meer uit.[1]
Ili | |
---|---|
Die Ili in die outonome gewes Xinjiang, Volksrepubliek China | |
Die stroomgebied van die Ili | |
Oorsprong | Saamvloei van Koenes en Tekes, Xinjiang, Volksrepubliek China Tiensjan |
Monding | Kasakstan Balchasj-meer |
Stroomgebied | Volksrepubliek China, Kasakstan |
Lengte | 1 400 km (870 myl) |
Mondinghoogte | 340 m (1 115 voet) |
Gemiddelde afloop | 480 m³/s (17 000 ft³/s) |
Stroomgebiedopp. | 140 000 km² (54 000 myl²) |
As gevolg van die groot bevolkingsgroei in die Chinese outonome gewes Xinjiang styg die waterverbruik, waardeur minder water die Balchasj-meer bereik en die meer bedreig.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.