![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/9c/Pape_Paul_VI_%25E2%2580%2593_Vatican%252C_1968.jpg/640px-Pape_Paul_VI_%25E2%2580%2593_Vatican%252C_1968.jpg&w=640&q=50)
Humanae Vitae
From Wikipedia, the free encyclopedia
Humanae Vitae is die sewende en laaste ensikliek deur pous Paulus VI, wat op 25 Julie 1968 vrygestel is.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/9c/Pape_Paul_VI_%E2%80%93_Vatican%2C_1968.jpg/640px-Pape_Paul_VI_%E2%80%93_Vatican%2C_1968.jpg)
Die onderwerp van dié ensikliek is die gebruik van voorbehoeding. Die pous verklaar hom teen alle vorme en waarsku oor vier effekte wat die verspreiding van dié middels gaan hê:[1]
- 'n algemene verlaging van die moraal
- 'n toename in ontrou
- 'n verlaging in respek van mans vir vroue
- die gedwonge gebruik van voortplantingstegnologië deur die owerhede
Die ensikliek het tot baie kontroversie gelei en miljoene katolieke het geweier om die verbod op voorbehoeding te gehoorsaam.