![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/e/e7/PJ_Olivier.jpg/240px-PJ_Olivier.jpg&w=640&q=50)
Hoërskool P.J. Olivier
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Hoërskool P.J. Olivier is 'n gekombineerde, Afrikaanse staatskool in Grahamstad wat in 1956 gestig is as enigste Afrikaansmediumskool in die oorwegend Engelse stad met sy roemryke Engelsmediumskole.
Kitsfeite Leuse, Gestig ...
Hoërskool P.J. Olivier | |
Leuse | (la) Pertinax ut olea (af) So taai soos ’n olyfboom |
---|---|
Gestig | 1956 |
Tipe | Staatskool |
Hoof | Joubert Retief |
Grade | R-12 |
Adres | Robinsonstraat |
Stad | Grahamstad |
Provinsie | Oos-Kaap |
Land | Suid-Afrika |
Kleure | |
Koshuis(e) | Huis W.E.G. Louw |
Sluit
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/e/e7/PJ_Olivier.jpg/200px-PJ_Olivier.jpg)
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/9/93/Ho%C3%ABrskool_PJ_Olivier.jpg/270px-Ho%C3%ABrskool_PJ_Olivier.jpg)
Die skool het 'n koshuis, Huis W.E.G. Louw, genoem na die Afrikaanse skrywer en indertydse lektor in Afrikaans en Nederlands aan Rhodes-universiteit en broer van die Afrikaanse skrywer N.P. van Wyk Louw. Hy het self die hoeksteen van die gebou op 2 Maart 1956 gelê.[1]
Die skool bied onderrig van gr. R tot gr. 12 aan. Dit is genoem na die destydse administrateur van Kaapland, P.J. Olivier.