Egiptiese god From Wikipedia, the free encyclopedia
In die Egiptiese mitologie is Horus, Horoes of Hor (Egipties: ḥr.w) een van die oudste gode. Hy is minstens vanaf die laat voordinastiese tydperk tot in die Grieks-Romeinse tye aanbid. Verskillende vorme van Horus word in die geskiedenis aangetref en geleerdes behandel hulle as verskillende gode.[1] Dié verskillende vorme kan dalk waarnemings van ’n veelvlakkige godheid wees waarin sekere eienskappe benadruk word – nie noodwendig teenstrydig nie, maar komplementêr.[2] Hy is meestal as ’n valk of ’n man met die kop van ’n valk uitgebeeld.[3] Een van sy talle vorme was as Haroeris (Horus die ouere).
Horus | ||||
Horus was dikwels die Egiptiese beskermgod. Hy is gewoonlik uitgebeeld as ’n man met die kop van ’n valk en die rooi of wit kroon as simbool van heerskappy oor die hele koninkryk. | ||||
Soort god | Egipties | |||
God van | Wraak, die lug, beskerming en oorlog | |||
Naam in hiërogliewe | ||||
Kultussentrum | Nechen, Edfoe | |||
Simbool | Wedjat-oog | |||
Ouers | Osiris en Isis / Noet en Geb | |||
Metgesel | Serket (as Haroeris), Hathor | |||
Kinders | Imset, Hapi, Doeamoetef, Qebehsenoef (as Haroeris), Sechemet (as Horus) | |||
|
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.