Hormoon
chemikalie wat vrygestel word deur 'n sel of 'n klier in een deel van die liggaam wat boodskappe uitstuur wat selle in ander dele van die organisme beïnvloed / From Wikipedia, the free encyclopedia
’n Hormoon is ’n chemiese prikkelstof wat deur bepaalde kliere in veelsellige organismes afgeskei word. Dit word deur die bloedvatstelsel na verafgeleë organe gestuur om fisiologie en gedrag te beheer. Dit is in teenstelling met senuoordraers, waarvan die invloed meestal by sinapse uitgeoefen word.
Hormone het uiteenlopende chemiese strukture, van hoofsaaklik drie klasse: eikosanoïede, steroïede en aminosure/proteïene-derivate (amiene, peptiede en proteïene). Die kliere wat hormone afskei, kom hoofsaaklik in die endokriene stelsel voor.