![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/ac/Hydrogenation_on_catalyst.svg/langaf-640px-Hydrogenation_on_catalyst.svg.png&w=640&q=50)
Hidrogenering
From Wikipedia, the free encyclopedia
Hidrogenering (of hidrogenasie) is 'n chemiese reaksie tussen molekulêre waterstof (H2) en 'n ander verbinding of element, gewoonlik in die teenwoordigheid van 'n katalisator soos nikkel, palladium of platinum. Die proses word gewoonlik gebruik in die reduksie van organiese verbindings. Hierdie proses word ook versadiging genoem. Hidrogenering is gewoonlik die toevoeging van pare waterstofatome aan 'n molekule, dikwels 'n alkeen. Katalisators is nodig om die reaksie bruikbaar te maak; nie-katalitiese hidrogenasie vind slegs teen baie hoë temperature plaas. Die hidrogenasie reduseer dubbele en drievoudige bindings in koolwaterstowwe.[1]
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/ac/Hydrogenation_on_catalyst.svg/220px-Hydrogenation_on_catalyst.svg.png)
(1) Die reaktante is geadsorbeer op die katalisatoroppervlak en H 2 dissosieer.
(2) 'n H-atoom bind aan een C-atoom. Die ander C-atoom is nog steeds aan die oppervlak geheg.
(3) 'n Tweede C-atoom bind aan 'n H-atoom. Die molekule verlaat die oppervlak.