Hidrasien
chemiese verbinding / From Wikipedia, the free encyclopedia
Hidrasien is 'n anorganiese verbinding met die chemiese formule N2H4. Dit is 'n eenvoudige hidried en is 'n kleurlose, vlambare vloeistof met 'n ammoniakagtige reuk.
Algemeen | |
---|---|
Naam | Hidrasien |
Ander name | Diamien[1] Diasaan[2] Tetrahidriedodistikstof Diamiedogeen |
Chemiese formule | N2H4 |
Molêre massa | 32,0452 g·mol-1 |
CAS-nommer | 302-01-2 |
Voorkoms | Kleurlose, rokerige, olierige vloeistof |
Reuk | ammoniakagtige |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | 275 K |
Kookpunt | 387 K |
Digtheid | 1.021 g·cm−3 |
Oplosbaarheid | Mengbaar[1] |
Viskositeit | 0.876 cP |
ΔfHɵ | 50,63 kJ·mol-1 |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | 8,10 (N2H5+)[3] |
Veiligheid | |
Flitspunt | 52 °C |
Selfontbrandingspunt | 24 to 270 °C |
LD50 | 59–60 mg/kg (deur orale inname by rotte, muise)[4] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Hidrasien is baie giftig, tensy dit in oplossing hanteer word, soos byvoorbeeld hidrasienhidraat (NH2NH2·xH2O). Dit word hoofsaaklik gebruik as 'n skuimmiddel by die bereiding van polimeerskuim, maar toepassings sluit ook die gebruik daarvan in as voorloper vir polimerisasie-katalisators, farmaseutiese en landbouchemikalieë, sowel as 'n langtermyn-stoorbare dryfmiddel vir die aandrywing van ruimtetuie in die ruimte.
Die term "hidrasiene" verwys na 'n klas organiese stowwe wat verkry word deur een of meer waterstofatome in hidrasien deur 'n organiese groep te vervang.[5]