Egiptiese godin From Wikipedia, the free encyclopedia
Heqet was in die Egiptiese mitologie ’n godin van vrugbaarheid.
Heqet | ||||||
Die god Chnoem, vergesel van Heqet, gee vorm aan Ihy (reliëfwerk uit die Dendera-tempelkompleks). | ||||||
Soort godin | Egipties | |||||
Godin van | Vrugbaarheid | |||||
Naam in hiërogliewe | ||||||
Simbool | Padda | |||||
|
Vir die Antieke Egiptenare was die padda die simbool van lewe en vrugbaarheid, want baie van hulle is gebore ná die jaarlikse oorstroming van die Nylrivier, wat die grond weer vrugbaar gemaak het. ’n Padda-godin het dus in die mitologie ontstaan wat met vrugbaarheid verbind is. Haar naam is op baie verskillende maniere gespel, onder meer Heqat, Hekit of Heget.[1]
Sy is meestal uitgebeeld as ’n padda of ’n vrou met die kop van ’n padda, of soms as ’n padda aan die einde van ’n fallus om haar verbintenis met vrugbaarheid te wys. Daar word dikwels na haar verwys as die vrou van die god Chnoem.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.