From Wikipedia, the free encyclopedia
Helena van Troje,[1][2][3] eintlik meer korrek Helena van Sparta (antieke Grieks: Ἑλένη Helénē), was in die Griekse mitologie die beeldskoonste vrou in die wêreld. Sy was volgens die meeste bronne die dogter van zeus
en Leda, en die suster van onder andere Klitemnestra, Kastor en Polluks en Foibe. Sy was getroud met koning Menelaos van Sparta.
Volgens tradisie het Afrodite haar aan Paris belowe nadat hy die godin ’n kompetisie laat wen het. Paris het haar toe ontvoer en na Troje geneem.
Haar verhaal is onder meer opgeteken is Homeros se Ilias en Odussee. Omdat baie mans om haar hand meegeding het, het haar pa hulle ’n eed laat aflê dat hulle haar huwelik sou verdedig, maak nie saak wie hy kies nie. Menelaos is toe gekies. Toe Paris Helena steel, het die eed veroorsaak dat die Achajers na Troje opgeruk het om haar te gaan haal en dit het gely tot die Trojaanse Oorlog.
Eindelik is Paris in die oorlog doodgemaak en volgens Homeros is Helena met Menelaos herenig.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.