![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d2/YamunaRiver.jpg/640px-YamunaRiver.jpg&w=640&q=50)
Haryana
From Wikipedia, the free encyclopedia
Haryana (Hindi: हरियाणा, Hariyāṇā, [hʌrɪˈjɑːɳɑː]; Pandjabi: ਹਰਿਆਣਾ) is 'n deelstaat in die noorde van Indië. Die hoofstad is Chandigarh (saam met die deelstaat Punjab) en die grootste stad Faridabad (met 'n bevolking van sowat 1 miljoen). Die deelstaat het 'n bevolking van sowat 25,3 miljoen in 2011 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 44 212 km². Die Yamuna, een van die grootste riviere van Indië, vorm die oostelike grens met die deelstaat Uttar Pradesh. Naas die ampstale word veral Hariyanavi in die deelstaat gepraat.
Kitsfeite Haryana हरियाणा (Hindi)ਹਰਿਆਣਾ (Pandjabi), Land ...
Haryana | |
---|---|
![]() Sononder aan die Yamunarivier in Haryana | |
![]() Ligging van Haryana in Indië | |
Koördinate: 30°44′0″N 76°47′0″O | |
Land | ![]() |
Hoofstad | Chandigarh (saam met Punjab) |
Grootste stad | Faridabad |
Gestig op | 1 November 1966 |
Regering | |
• Tipe | Regering van Haryana |
• Goewerneur | Satyadev Narayan Arya |
• Hoofminister | Manohar Lal Khattar (BJP) |
Oppervlak | |
• Totaal | 44 212 km2 (17 070 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 25 353 081 |
• Digtheid | 573/km2 (1 480/vk. myl) |
• Rang | 18de |
Tydsone | UTC+05:30 (IST) |
Amptelike tale[2][3] | Hindi Engels en Pandjabi (sekondêre ampstale) |
Webwerf | www.haryana.gov.in |
Sluit