Harar
From Wikipedia, the free encyclopedia
Harar (Ge'ez: ሐረር) (oftewel Harar Jurol) is 'n stad in Ethiopië en die hoofstad en enigste stad van die stadstreek Harari. In 2012 het Harar 'n bevolking van 151 977 gehad, van wie die meeste Moslems was.
Kitsfeite Harar ሓረር, Land ...
Harar ሓረር | |
---|---|
'n Uitsig oor Harar | |
Koördinate: 9°19′00″N 42°7′00″O | |
Land | Ethiopië |
Streek | Harari |
Hoogte | 1 885 m (6 184 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 151 977 |
Tydsone | UTC+03:00 (OAT) |
Sluit
Die stad het 99 moskee, een vir elk van die 99 Skone Name van God. Daarom word Harar deur veral Afrika-Moslems as die vierde heiligste stad in die Soennitiese Islam naas Mekka, Medina en Jerusalem beskou. Binne die ou ommuurde stad woon veral die plaaslike Harari en buite die mure die Oromo en Amhare. Unesco het die geskiedkundige middestad in 2006 tot wêrelderfenisgebied verklaar. Dié gebied beslaan sowat 48 hektaar.