From Wikipedia, the free encyclopedia
HMS Ark Royal (R07) was 'n ligte vliegdekskip en voormalige vlagskip van die Britse Vloot. Hy was die derde en laaste skip van die Invincible-klas. Hy is deur Swan Hunters gebou op die Tynerivier en in 1981 daar te water gelaat.
HMS Ark Royal geanker in Portsmouth in 2007 | |
Naam | HMS Ark Royal |
---|---|
Klas en tipe | Invincible-klas vliegdekskip |
Besteldatum | Desember 1978 |
Bouers | Swan Hunter, Tyne and Wear, Verenigde Koninkryk |
Gebruik deur | Britse Vloot |
Datum neergelê | 14 Desember 1978 |
Te water lating | 2 Junie 1981 |
In diens gestel | 1 November 1985 |
Onttrek | 11 Maart 2011[1] |
Lot | Gesloop in Turkye, Junie 2013 |
Tuishawe | Vlootbasis Portsmouth |
Bynaam | Noah's Ark |
Verplasing | 22 000 ton |
Lengte | 210 m |
Wydte | 36 m |
Diepgang | 7,5 m |
Spoed | 28 kn (52 km/h) |
Bemanning | 685 (skip) 366 (lugvleuel) |
Ark Royal is vernoem deur Koningin Elizabeth (Die Koninginmoeder). Hy volg sy susterskepe HMS Invincible (R05) en HMS Illustrious op in diens in 1985. Ook bekend as The Mighty Ark, was hy die vyfde Britse vlootskip wat die naam gedra het van die 1587-vlagskip wat die Spaanse Armada verslaan het in 1588. Oorspronklik sou hy Indomitable gedoop gewees het om by die res van die klas aan te pas, maar dit is verander as gevolg van die openbare reaksie oor die verlies van die Ark Royal-naam ná die afskaffing van die vorige Ark Royal in 1980, ná 30 jaar se diens.
Ark Royal was bietjie groter as sy susterskepe, met 'n steiler ski-oprit, en het die STOVL (kort opstyg en vertikale landing) Harrier Jump Jet vliegtuie, asook verskeie helikopters, gedra.
Met 'n bemanning van meer as 1 000 matrose en lugmanne, was hy in operasionele diens in die Bosniese oorlog in 1990 en die inval van Irak in 2003. Oorspronklik sou hy tot 2016 dien, maar Ark Royal is uit diens gestel op Vrydag 11 Maart 2011, as deel van die vloot se herstruktureringsgedeelte van die 2010 Strategiese Verdediging en Sekuriteitsoorsig. Na Ark Royal (R07) se aflegging het HMS Albion hom vervang as die Britse Vloot se vlagskip.
Die voormalige kaptein van HMS Ark Royal en HMS Illustrious, kommandeur Jerry Kyd, het die bevelvoerder van die nuwe Britse Vlootvliegdekskip, die HMS Queen Elizabeth op 27 Februarie 2014 geword.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.