![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/02/Great_Barrington_Declaration.pdf/page1-640px-Great_Barrington_Declaration.pdf.jpg&w=640&q=50)
Great Barrington-verklaring
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Great Barrington-verklaring is 'n verklaring wat opgestel is deur die American Institute for Economic Research in Great Barrington, Massachusetts en op 4 Oktober 2020 onderteken is.[1][2] Dit bepleit 'n alternatiewe, risikogebaseerde benadering tot die Covid-19-pandemie wat "gefokusde beskerming" behels van diegene wat die meeste in gevaar is, en poog om die skade aan die samelweing wat veroorsaak is deur die COVID-19-pandemiese grendelstaat te vermy of te verminder.[3][4]
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/02/Great_Barrington_Declaration.pdf/page1-640px-Great_Barrington_Declaration.pdf.jpg)
In die verklaring word gevra dat individue met 'n aansienlik laer risiko om aan COVID-19 te sterf - asook diegene met 'n hoër risiko maar is bereid om die risiko te neem - toegelaat word om hul normale lewens te hervat, normaalweg op hul gewone werkplekke te werk eerder as van die huis af, om in kroeë te kuier, in restaurante te eet, en sportbyeenkoms en kultuurgeleenthede bytewoon. Die verklaring beweer dat verhoogde besmetting van diegene met 'n laer risiko sou lei tot die opbou van immuniteit in die bevolking wat uiteindelik ook diegene met 'n hoër risiko teen die koronavirus sou beskerm.[5] In die verklaring word geen melding gemaak van fisiese afstand en maskers nie, en ook nie van toetsing en opsporing nie[6] en ook nie van "langdurige COVID" nie, wat baie fiks- en jongmense maande ná 'n ligte infeksie aan aftakelende simptome laat ly het.[7][8]