From Wikipedia, the free encyclopedia
Gousiekte is die vergiftiging van skape en beeste wat deur die vreet van plante uit die familie Rubiaceae veroorsaak word.[1] Die siekte veroorsaak miokardiale letsels en is die volopste oorsaak van kardiomiopatie in herkouers in die Suider-Afrikaanse veld. Dit is 'n probleem vir boere en hul beeste, maar daar is ook slagoffers onder byvoorbeeld buffels.[2] Die siekte heet gousiekte om 'n goeie rede. Daar is 'n geval bekend waar 18 beeste skielik dood is nadat 'n trein sy fluit geblaas het. Dit was baie droog en tonnabossies was die enigste plante wat nog groen was. Die beeste het dit vir lank gevreet, die gif het hulle harte aangetas en hulle het skielik hartaanvalle gekry.[3]
Die siekte word deur die gif pavettamien veroorsaak.[4] Hierdie gif is 'n poliamien wat in ses plantspesies aangetref word:
Behalwe die gousiekteboom is al hierdie spesies ondergrondse bome.[7]
Al hierdie plante het 'n bakterie Burkholderia caledonica wat 'n endosimbiont is en wat in spesiale knobbeltjies in die blare voorkom. Daar bestaan ander plante uit dieselfde genera wat geen endosimbiont het nie, en hul blare is gifvry. Buite die plant bring hierdie bakterie nogtans geen pavettamien voort nie.[8] In van die Vangueria-spesies wat nie gousiekte veroorsaak nie, soos V. madagascariensis, V. infausta en V. macrocalyx, word ook endofitiese bakterieë aangetref, maar dit is dalk nie dieselfde bakterieë nie.[9] Hulle kom ook nie in knobbeltjies voor nie.
Die plante het die Burkholderia-bakterie nodig om gesond te wees. Dit kom ook in die vrugte voor. Dit kan gedood word, maar dit veroorsaak dat saailinge as kreupele plante groei. Dit is moontlik dat die Burkholderia-bakterie glad nie die oorsaak van die plante se giftige eienskappe is nie. 'n Ander bakterie van die genus Bacillus is ook aangetref in hierdie plante.[7]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.