Glock GmbH
From Wikipedia, the free encyclopedia
Glock GmbH (bemark as GLOCK) is ’n wapenvervaardiger met hul hoofkwartier in Deutsch-Wagram, Oostenryk en is vernoem na die stigter Gaston Glock. Hoewel die maatskappy bekend is vir die vervaardiging van slagpenaangedrewe polimeeromhulde pistole, vervaardig dit ook veldmesse, verskansingsgereedskap en kleding.
Kitsfeite Tipe, Gestig ...
GLOCK GmbH | |
Tipe | Privaat onderneming |
---|---|
Gestig | 1963[1] |
Hoofkantoor | Deutsch-Wagram, Oostenryk |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Industrie | Wapens |
Produkte | Vuurwapens Messe Verskansingsgereedskap Kleding |
Webwerf | www.glock.com |
Sluit
Glock handwapens word deur gewapende magte en wetstoepassingsorganisasies wêreldwyd gebruik, insluitend die meeste Amerikaanse wetstoepassers.[2] Die handwapens is ook baie gewild by burgerlikes vir persoonlike beskerming en die maatskappy borg ’n kompeterende skietspan wat die wêreld deurreis.[3] Soos op 2007 vervaardig Glock meer as 12 verskillende model van handvuurwapens in sewe verskillende kalibers.[4][5]