Glikolipied
From Wikipedia, the free encyclopedia
Glikolipiede is lipiede waaraan 'n koolhidraat deur 'n glikosidiese binding aangeheg is.[1] Hul rol is om die stabiliteit van die selmembraan in stand te hou, en sellulêre erkenning te fasiliteer, wat van kardinale belang in by die immuunreaksie en in die verbindings wat selle met mekaar maak om weefsels te vorm.[2] Glikolipiede kom op die oppervlak van alle eukariotiese selmembrane voor, waar hulle vanaf die fosfolipied dubbellaag in die ekstrasellulêre omgewing uitsteek.