From Wikipedia, the free encyclopedia
Die gho of g'ô (Dzongkha: བགོ, IFA: ɡ̊hoː˨)[1] is die tradisionele en nasionale drag vir mans in Bhoetan. Die eerste Shabdrung Rinpoche het dit in die 17de eeu ingestel om aan die Ngalop-volk ’n eiesoortige identiteit te verskaf. Dit is ’n knielengtekleed wat om die middel met ’n materiaalgordel, bekend as ’n kera (སྐེད་རགས་),[2][3][4] vasgemaak word. Op feesgeleenthede word dit saam met ’n kabney gedra.
Die regering van Bhoetan vereis dat alle mans wat in ’n regeringskantoor of skool werk, die gho dra. Mans dra dit ook by amptelike geleenthede. In sy moderne vorm dateer die wet van 1989, maar die driglam namzha (gedrags-en-klerekode) is baie ouer.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.