Geografie van Andorra
From Wikipedia, the free encyclopedia
Andorra is 'n klein ingeslote land in suidwestelike Europa, geleë in die oostelike Pireneë-gebergte en begrens deur Spanje en Frankryk. Met 'n oppervlakte van 468 km² is dit die kleinste land in Europa maar ook die grootste van die Europese dwergstate.
| ||
Kontinent | Europa | |
Substreek | Suidwes Europa | |
Geografiese koördinate | 42°30′N 1°30′O | |
Oppervlakte - Totale - Water |
Rang 193ste 468 km² 121,4 ha[1] | |
Kuslyn | 0 km (Ingeslote) | |
Landsgrense | 120,3 km | |
Lande begrens | Spanje 63,7 km Frankryk 56,6 km | |
Hoogste punt | Coma Pedrosa, 2 942 m | |
Laagste punt | Riu Runer, 840 m | |
Langste rivier | Gran Valira | |
Grootste binnelandse watermassa | Juclar-meer (23 ha)[1] | |
Grondgebruik - Bewerkbare grond - Permanente gewasse - Ander |
2,13 % 0 % 97,87 % (2005 raming) | |
Besproeide grond | ||
Klimaat : | gematig | |
Terrein : | ongelyke berge en nou valleie | |
Natuurlike hulpbronne | hidro-elektrisiteit, minerale water, hout, ystererts, lood | |
Natuurlike gevare | sneeustortings, grondverskuiwings | |
Omgewingskwessies | ontbossing, oorbeweiding van weivelde, lugbesoedeling, afvalverwydering |
Andorra is hoofsaaklik bergagtig, waarvan die hoogste die Coma Pedrosa is teen 2 942 meter (9 652 vt), en die gemiddelde hoogte van Andorra is 1 996 meter (6 549 vt).[2] Die land word deursny deur drie nou valleie in 'n Y-vorm wat ineen vloei by die hoofstroom, die Gran Valira-rivier en die land verlaat vir Spanje (by Andorra se laagste punt van 840 m of 2 756 vt).
Andorra se klimaat is soortgelyk aan die van sy bure se gematigde klimate, maar die hoër ligging beteken daar is gemiddeld meer sneeu in die winter, laer humiditeit, en dit is effens koeler in die somer. Daar is gemiddeld 300 dae per jaar sonskyn.
Fitogeografies behoort Andorra tot die Atlanties-Europese provinsie van die Sirkum-boreale streek binne die Boreale koninkryk. Volgens die WWF behoort die streek aan die Pirenese gemengde en naaldwoude eko-streek.
Grondverskuiwings en sneeustortings is die mees prominente natuurlike gevare. Daar is gereelde aardskuddings van onder 2 op die Richterskaal. Daar is geen historiese aantekeninge van enige skadelike aardskuddings in Andorra nie, maar die Andorrese regering het die moontlikheid van een in die toekoms ondersoek.[3]