1ste Dalai Lama From Wikipedia, the free encyclopedia
Gendun Drup (Tibettaans: དགེ་འདུན་གྲུབ་པ།; 1391–1474, gebore as Péma Dorje) is nadoods aangewys as die 1ste Dalai Lama.[1]
Gendun Drup | |
---|---|
Die 1ste Dalai Lama, Gendun Drup. | |
Tibettaans | དགེ་འདུན་གྲུབ་པ། |
Transliterasie | dge ’dun grub pa |
Titel | 1ste Dalai Lama |
Opvolger | Gendun Gyatso |
Vader | Gonpo Dorje |
Moeder | Jomo Namkha Kyi |
Gebore | 1391 |
Oorlede | 1474 |
Ouderdom | 82-83 |
Gendun Drup is in Sentraal-Tibet gebore as die seun van Gonpo Dorje en Jomo Namkha Kyi van ’n nomadiese volk.[2] Hy is as ’n skaapwagter grootgemaak tot op die ouderdom van sewe, waarna hy in die Narthang-klooster geplaas is. Toe hy 20 jaar oud was (in omstreeks 1411) het hy die naam Gendun Drup gekry toe hy ’n monnik word.[3] Hy het toe ’n student en eindelik die hoofdissipel geword van die ghoeroe Je Tsongkhapa (1357–1419),[4] wat die Gelug-skool van Boeddhisme gestig het. Teen die middel van sy leeftyd was hy een van die hoogs aangeskrewe geleerdes van sy tyd.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.