![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/56/Methan_Lewis.svg/langaf-640px-Methan_Lewis.svg.png&w=640&q=50)
Geminaal
From Wikipedia, the free encyclopedia
In chemie verwys die woord geminaal na die verband tussen twee atome of funksionele groepe wat aan dieselfde atoom geheg is. Die woord kom van die Latynse woord gemini wat "tweeling" beteken.[1] 'n Geminale diol is byvoorbeeld 'n molekule met twee alkoholfunksionele groepe wat aan dieselfde koolstofatoom geheg is, soos in metaandiol. Ook die verkorte voorvoegsel gem kan op 'n chemiese naam toegepas word om hierdie verwantskap aan te dui, soos in gem-dibromied vir 'n geminale dibromied.
Die konsep is belangrik in baie takke van die chemie, insluitend sintese en spektroskopie, omdat funksionele groepe wat aan dieselfde atoom geheg is, dikwels anders optree as wanneer hulle geskei word. Geminale diole word byvoorbeeld maklik omgeskakel na ketone of aldehiede met verlies van water.[2]
Daarbenewens:
- Wanneer die twee funksionele groepe nie op dieselfde koolstofatoom is nie, maar aangrensend is, word die verbinding visinaal genoem.
- Wanneer die twee funksionele groepe nie op dieselfde koolstofatoom is nie en NIE aan mekaar grens nie, word die verbinding geïsoleerd genoem.
Alkaan | geminaal | visinaal | geïsoleerd | |
Metaan | ![]() |
![]() |
bestaan nie | bestaan nie |
Etaan | ![]() |
![]() |
![]() |
bestaan nie |
Propaan | ![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Substituente op geselekteerde dibromalkane is rooi gemerk. |