From Wikipedia, the free encyclopedia
Die vakterm Geest verwys na 'n landskapsvorm in Noord-Duitsland, Vlaandere, Nederland en Denemarke wat gedurende die ystydperke deur sandafsettings gevorm is en met alluviale vleilande kontrasteer. Aangesien die Geest steeds uit hoër geleë terrein bestaan, word daarna ook as Geestruggens of sandruggens verwys. Die term is afgelei van die Nederduitse adjektiewe gest ("droog", "onvrugbaar") en güst ("onvrugbaar" by melkgewende diere).
In die noordwestelike dialekte van Nederduits word die landskap ook Gast genoem. Hiervan afgelei is plekname soos Tergast of Holtgast. 'n Ander sinoniem is Geist,[1] wat ook in plekname soos Geistviertel, Hohe Geist of Hölzengeist voorkom.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.