Gebruikerbespreking:Morne/argief 1
From Wikipedia, the free encyclopedia
Welkom, Morne!
- 2006-2010
Ek hoop jy geniet jou aktiwiteite hierso. Sommer 'n vinnige wenk met die intrapslag: ons maak nie gewoonlik artikels van individuale dae in die geskiedenis nie, anders verdwyn dit tussen al die artikels. Skuif byvoorbeeld gerus die inskrywing by 27 April 1885 na 27 April onder die opskrif "Geboortes". Weereens welkom! --Alias 22:05, 26 Februarie 2006 (UTC)
- Regso, Morné. 10 000 is definitief in die vooruitsig (moet net eers 5000 haal :-). Hou gerus dop as ander ná jou aan jou artikels skaaf - so sien mens ook wat bietjie anders gedoen kan word. Jou "dophoulys" kan hiermee help. Ook die "Onlangse wysigings" gee heelwat geleentheid om te leer. Ag, daar is baie raad en goeters te sê. As inleiding verwys ons mense gewoonlik na Wikipedia:Welkom nuwelinge, maar miskien het jy alreeds daarna gekyk. Mens raak redelik vinnig touwys - moenie dat dit jou kwel nie. --Alias 22:33, 26 Februarie 2006 (UTC)
- O ja, vergeet om te sê, afgesien van 27 April kan mens natuurlik ook 'n inskrywing maak by 1885. Gebruiker:Voyageur het reeds een van jou inskrywings by 1852 gedupliseer. Só verbind ons die artikels lekker met mekaar. --Alias 22:35, 26 Februarie 2006 (UTC)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/0/00/Editor_-_orichalcum_star.jpg)