Gebruiker:Dagelf/Sandbox
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Poincare-groep wat in fisika en wiskunde gebruik word, is na hom vernoem.
Henri Poincaré | |
![]() | |
Henri Poincaré (photograph published in 1913) | |
Gebore | (1854-04-29)29 April 1854 Nancy, Meurthe-et-Moselle, Frankryk |
---|---|
Oorlede | 17 Julie 1912 (op 58) Parys, Frankryk |
Blyplek | France |
Nasionaliteit | French |
Vakgebied | Mathematics and physics |
Instelling(s) |
|
Alma mater |
|
Doktorale student(e) |
|
Ander bekende student(e) |
|
Bekend vir |
|
Beïnvloed deur |
|
Invloed op |
|
Toekennings |
|
Handtekening | ![]() |
notas | He was an uncle of Pierre Boutroux. |
Jules Henri Poincaré (29 April 1854 – 17 July 1912) was 'n Franse wiskundige, teoretiese fisikus, ingenieur, en wetenskapsfilosoof. Hy word dikwels beskryf as 'n polimaat aangesien hy op alle terreine van die dissipline uitgeblink het.
As 'n wiskundige en fisikus het hy vele oorspronklike en fundamentele bydraes gelewer tot suiwer en toegepaste wiskunde, wiskundige fisika en hemelse meganika. Hy was verantwoordelik vir die formulering van die Poincaré stelling, wat een van die bekendste onopgeloste probleme in wiskunde was totdat dit in 2002-2003 deur Grigori Perelman opgelos is. In sy navorsing oor die drie-liggaam probleem, was Poincaré die eerste persoon wat 'n chaotiese deterministiese stelsel ontdek het, en die grondslag van die moderne chaosteorie gelê het. Hy word ook beskou as een van die stigters van die veld van topologie.
Poincaré het klem gelê op die belangrikheid daarvan om aandag te gee aan die invariansie van fisiese wette onder verskillende transformasies en was die eerste persoon om Lorentz-transformasies in hul moderne simmetriese vorm aan te bied. Poincaré het verskeie relativistiese snelheidstransformasies ontdek, en in 1905 in 'n brief aan Hendrik Lorentz aangeteken. Hy het ook 'n belangrike stap in die formulering van die teorie van spesiale relatiwiteit voltooi deur perfekte invariansie van al Maxwell se vergelykings bepaal. In 1905 het Poincare voorgestel dat swaartekraggolwe uit 'n liggaam voortspruit teen die spoed van lig, soos deur die Lorentz-transformasies voorgestel.
Die Poincaré groep in fisika en wiskunde is na hom vernoem.