![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/5b/Curiosity_Cradled_by_Gale_Crater.jpg/640px-Curiosity_Cradled_by_Gale_Crater.jpg&w=640&q=50)
Gale (krater)
krater op Mars / From Wikipedia, the free encyclopedia
Gale is ’n krater op Mars naby die noordwestelike deel van die Aeolis Palus.[1] Dit is 154 km in deursnee[2] en die ouderdom daarvan word op sowat 3,5-3,8 miljard jaar geraam.[3] Die krater is genoem na Walter Frederick Gale, ’n amateur-sterrekundige uit die 19de eeu van Sydney, Australië.[4]
Kitsfeite
Gale-krater | ||||
![]() | ||||
Aeolis Mons is in die middel van die krater geleë. | ||||
Soort | Krater | |||
Ligging | Mars | |||
Deursnee | 154 km | |||
|
Sluit
Aeolis Mons is ’n berg in die middel van Gale; dit is sowat 5,5 km hoog.[5][6] Aeolis Palus is die vlakte tussen die noordelike wal van Gale en die noordelike voetheuwels van Aeolis Mons.[5][6] Peace Vallis[7] loop van die kraterheuwels na die Aeolis Palus daaronder en lyk of dit uitgekerf is deur vloeiende water.[8][9]
Die Nasa-verkenningstuig Curiosity het op 6 Augustus 2012 daarnaby geland.[10] Curiosity verken Aeolis Mons en omliggende gebiede.