From Wikipedia, the free encyclopedia
GK Persei (ook Nova Persei 1901) was 'n helder nova wat in 1901 die eerste keer van die Aarde af gesien is. Dit is op 22 Februarie 1901 deur Thomas David Anderson, 'n geestelike van Edinburg, ontdek toe dit 'n skynbare magnitude van 2,7 gehad het.[6][7] Toe dit sy maksimum magnitude van 0,2 bereik, was dit die helderste nova van moderne tye tot met die ontdekking van Nova Aquilae 1918.
GK Persei | ||||
GK Persei en die omringende Vuurwerk-newel. | ||||
Sterrebeeld | Perseus | |||
Spektraaltipe | K1IV[1] | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 03h 31m 11.82s[2] | |||
Deklinasie | +43° 54′ 16.8″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 0,02[3] - 14[4] | |||
Absolute magnitude (M) | -9,1 - +3,7[3] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 1,03 + 0,39 | |||
Afstand (ligjaar) | 1 440 | |||
Eienskappe | ||||
Veranderlikheid | Dwergnova-tipe, kataklismies | |||
Veelvoudigheid | Dubbelster ('n witdwerg en subreus) | |||
Ander name | ||||
GK Per, Nova Per 1901, HD 21629, HR 1057, BD+43 740a, 2MASS J03311201+4354154, 1RXS J033111.9+435427[5] | ||||
|
Nadat dit in die vroeë 20ste eeu tot 'n magnitude van sowat 12 of 13 verdof het, het GK Persei ongereelde uitbarstings begin vertoon van 2 tot 3 magnitudes (sowat 7 tot 15 keer sy rustende helderheid). Sedert omstreeks 1980 het dié uitbarstings redelik gereeld geword; dit duur sowat twee maande en kom omtrent elke drie jaar voor. Dit lyk dus of GK Persei van 'n klassieke nova soos Nova Aquilae 1918 in 'n tipiese dwergnova-tipe kataklismiese veranderlike ster verander het.
Om GK Persei kom die Vuurwerk-newel voor, 'n novaoorblyfsel wat in 1902 die eerste keer gesien is. Dit bestaan uit 'n verspreiende wolk gas en stofborrels wat teen tot 1 200 km/s beweeg.[8]
Novas bestaan uit hoofreeks- tot reusesterre wat materiaal aan 'n witdwerg afgee. Die twee sterre van GK Persei wentel elke sowat twee dae om mekaar. Die witdwerg, met 'n massa van 1,03 M☉, het een van die grootste massas van 'n kataklismiese veranderlike ster. Die skenkerster, wat 'n groot deel van sy massa verloor het, het 'n massa van net 0,39 M☉, al is dit 'n subreusester.[9]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.