Gilbert Keith Chesterton (29 Mei 1874 – 14 Junie 1936), beter bekend as G. K. Chesterton, was 'n Engelse skrywer, teoloog, filosoof, dramaturg, joernalis, redenaar, literatuur- en kunskritikus, biograaf en Christelike apologeet. Dikwels word na Chesterton verwys as die "meester van paradoks".[1]
Engelse skrywer, teoloog, filosoof en Christelike apologeet
Gebore
29 Mei 1874
in Kensington, Londen,
Engeland
Oorlede
14 Junie 1936
in Beaconsfield, Buckinghamshire
Engeland
Literêre genres
MIsdaadroman, fantastiese en misterieuse literatuur, digkuns
As skrywer het Chesterton veral bekendheid verwerf met sy romans rondom die fiktiewe Father Brown, 'n priester wat hom naas sy kerkamp ook as speurder bekwaam, en sy beredeneerde apologetiek. Selfs diegene, wat nie met hom saamstem nie, het die aantrekkingskrag van werke soos Orthodoxy en The Everlasting Man erken. As politieke denker het Chesterton krities gestaan teenoor sowel progressiwisme asook konserwatisme:
Die hele moderne wêreld is in Konserwatiewes en Progressiewes verdeel. Die Progressiewes is besig met foute maak. Die Konserwatiewes verhoed dat die foute reggestel word.[2] |
Chesterton het na homself gewoonlik as Ortodokse Christen verwys - 'n godsdienstige houding wat hy steeds meer met Katolisisme vereenselwig het. Uiteindelik het Chesterton, wat oorspronklik 'n lidmaat van die Angilkaanse Kerk was, die Rooms-Katolieke geloof aangeneem. George Bernard Shaw, Chesterton se "goedgesinde teenstander", het na Chesterton volgens die Amerikaanse nuustydskrif Time as "'n man van kolossale genius" verwys.[3] Biograwe het Chesterton as die opvolger van Victoriaanse skrywers soos Matthew Arnold, Thomas Carlyle, John Henry Cardinal Newman en John Ruskin beskryf.[4]
Verwysings
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.