Fritz Haber
Duitse chemikus en ontvanger van die Nobelprys / From Wikipedia, the free encyclopedia
Fritz Haber (9 Desember 1868 - 29 Januarie 1934) was 'n Duitse[4] chemikus wat in 1918 die Nobelprys vir Chemie ontvang het vir sy uitvinding van die Haber–Bosch-proses, 'n metode wat in die industrie gebruik word om ammoniak uit stikstofgas en waterstofgas te sintetiseer. Hierdie uitvinding is van belang vir die grootskaalse sintese van kunsmis en plofstowwe. Daar word beraam dat twee derdes van die jaarlikse wêreldwye voedselproduksie stikstof wat uit die Haber-Bosch-proses kom gebruik, en dat dit bykans die helfte van die wêreldbevolking ondersteun.[5][6] Haber, saam met Max Born, het die Born–Haber-siklus voorgestel as 'n metode om die tralie-energie van 'n ioniese vastestof te evalueer.
Fritz Haber | |
Fritz Haber, 1919 | |
Gebore | (1868-12-09)9 Desember 1868 Breslau, Pruise[1] (nou Wrocław, Pole) |
---|---|
Oorlede | 29 Januarie 1934 (op 65) Basel, Switserland |
Nasionaliteit | Duits[2][3] |
Vakgebied | Fisiese chemie |
Instelling(s) | Switserse Federale Instituut vir Tegnologie Universiteit van Karlsruhe |
Alma mater | Universiteit van Heidelberg Humboldt-universiteit van Berlyn Tegniese universiteit van Berlyn |
Doktorale promotor(s) | Carl Theodore Liebermann |
Bekend vir | Haber-proses Born–Haber-siklus Kunsmis Haber–Weiss-reaksie Chemiese oorlogvoering Tweede Slag van Ieper Plofstowwe |
Toekennings |
|
Haber word ook beskou as die "vader van chemiese oorlogvoering" vir sy jare lange baanbrekerswerk wat chloor en ander giftige gasse tydens die Eerste Wêreldoorlog ontwikkel en in wapens omskep het, en veral vir sy optrede tydens die Tweede Slag van Ieper.